• rotating_07
  • rotating_01.jpg
  • rotating_06
  • rotating_02
  • rotating_05

For reasons largely unknown to us, there are no existing records regarding the early  history of our school. The following summary has been compiled after several  interviews with senior inhabitants of Hermanus.

The first school was founded in 1868 and was known as "St. Peter's Church". The first teacher was Mr Soph or Soff.  It was later known as the "Anglican Church School" and Mr W.H. Paterson was the appointed headmaster. In 1884 Reverend Van Zyl founded the Dutch Reformed Church School.  The first teachers were Soph, Telet, Mcklene and Knoebel. In 1897 the St. Peter's Mission School and the Dutch Reformed Church School united to form the "Public School".  Mr. S. G. Du Toit was the first headmaster.  Classes were conducted in the Dutch Reformed Church Hall.

The school had grown to  approximately 30 pupils and three teachers of whom Meester Paterson and "Swallow" Neethling were the best-known. Construction of the stone building below Hoy's Koppie began in 1907 and the building came into use in 1911 with Mr. S. G. du Toit as headmaster, Miss Bredenkamp responsible for sub. A and B, Mr Paterson for stds. 1 to 4 and Miss Swallow. Neethling for stds. 5 and 6.  Dutch and English pupils were taught together in the same class.

In 1918 the school gained primary school status and then became a state school.  Mr. S.G. du Toit occupied the post of headmaster until 1920.  In 1921 the school became a secondary school and Mr. Fick was appointed headmaster because Mr. du Toit lacked the necessary qualifications.  In 1931 Mr. Fick was succeeded by Mr. Lomberg. In 1941 the school gained senior school status.  Mr B.J. Joubert (Oom Joepie) occupied the post of acting-headmaster from 1940 to 1945 while Mr. Lomberg took part in the Second World War.  Mr. Lomberg did not return after the war, but instead became head of Observatory Boy's High School.  Mr. H. C. Jones took over as principal of the school from Mr. Joubert in January 1946.  The senior and primary schools separated in 1952 with Mr. N.P.J.S. van Staden was appointed as head of the primary school.  Both schools continued to exist on the same grounds.  In 1962 he was succeeded by Mr. B.A. Kuyler and in 1978 Mr. H.B. Nell was appointed as headmaster.

A new senior school was built behind Hoy's Koppie and came into use in 1977.  On 1 May 1992, the school was declared a state-aided school.  Mr. Nell retired on 31 March 1995 from the Primary School. After many visits to the CED and eventually with the help of Mr Lampie Fick, MP for Caledon, the old senior school building was renovated and incorporated into the primary school.

Mr Nel was followed up by Mr JB Cilliers in 1995.

Since 1995 the parents of Hermanus Primary undertook the following improvements for their own account:  Building of the school hall, building of 10 classrooms, 4 garages, a tuck shop, pavilion, club house, cloackrooms, two admin blocks, amphitheater,  music center, three hockey fields and automatic irrigation for the sport fields. Many other smaller projects were also completed.

     


Geskiedenis van ons skool

INLEIDING

Omdat daar om die een of ander rede geen rekords oor bogenoemde behoue gebly het nie, is die feite wat ons het, grotendeels gegrond op onderhoude wat met senior inwoners van Hermanus gevoer is.

STIGTING EN ONTWIKKELING

Die eerste skool is in 1868 gestig en het as die "St. Peter's Mission School" bekend gestaan.  Dit was deel van die huidige "St. Peter's Church".  Later het dit bekend gestaan as die "Anglican Church School" en mnr. W.H. Paterson was die hoof.  Die eerste onderwyser was 'n mnr. Soph of Soff.

In 1884 het eerwaarde Van Zyl die N.G. Kerk-skool gestig.  Die eerste onderwysers was onder andere  Soph, Telétt, McKlene en Knoebel.

In 1887 het die "St. Peter's Mission School" en die N.G. Kerk-skool verenig en dit was die begin van die Publieke Skool (Public School).  Mnr. S.G. du Toit was die eerste skoolhoof van dié skool.  Die klasse is in die N.G. Kerksaal waargeneem.  Die skool het ongeveer 30 leerlinge en drie onderwysers gehad waarvan meester Paterson en "Swallow" Neethling die bekendstes was.

Bouwerk aan die klipgebou onder Hoy se Koppie het in 1907 begin en die gebou is in 1911 betrek met mnr. S.G. du Toit as hoof.  mej. Bredenkamp verantwoordelik vir sub A en B, mnr. Paterson vir standerds 1 tot 4 en mej. Neethling vir standerds 5 en 6.  Nederlandse en Engelse leerders is in dieselfde klas onderrig.

In 1918 het die skool primêreskoolstatus gekry en 'n staatskool geword.  Mnr. S.G. du Toit was hoof tot in 1920.  In 1921 het die skool 'n sekondêre skool geword en mnr. J.J. Fick is as hoof aangestel, omdat mnr. Du Toit nie oor die nodige kwalifikasies beskik het nie.  In 1931 is mnr. Fick deur mnr. Lomberg opgevolg.

In 1941 het die skool hoërskoolstatus verkry.  Mnr. B.J. Joubert (Oom Joepie) het vanaf 1940 tot 1945 as hoof waargeneem, terwyl mnr. Lomberg aan die Tweede Wêreldoorlog gaan deelneem het.  Mnr. Lomberg keer nie na afloop van  die oorlog terug nie, maar word hoof van Observatory Boy's High School.  Mnr. H.C. Jones neem in Januarie 1946 by mnr. Joubert die leisels oor.  Die hoër- en laerskool skei in 1952 met mnr. N.J.P.S. van Staden as hoof van die laerskool.  Beide skole is toe nog op dieselfde terrein gehuisves.  In 1962 is mnr. Van Staden deur mnr. H. Honniball opgevolg.  Hy is in 1968 deur mnr. B.A. Kuyler opgevolg en in 1978 word mnr. H.B. Nell die hoof.

'n Nuwe hoërskool is agter Hoy se Koppie gebou en in 1977 betrek.  Na vele vertoë tot die WKOD en met die  hulp van mnr. Lampie Fick, LP vir Caledon, is die ou hoërskoolgebou uiteindelik opgeknap en betrek die laerskool al die geboue op die terrein.

Op 1 Mei 1992 word die skool 'n staatsondersteunde skool en mnr. H.B. Nell tree af op 31 April 1995.  Hy word opgevolg deur Mnr JB Cilliers.  Tans is hier  ongeveer 900 leerders in ons skool.

Sedert 1995 het die ouers van Laerskool Hermanus die volgende projekte vir hul eie rekening aangepak: Die bou van die skoolsaal, bou van 10 klaskamers, 4 motorhuise, snoepwinkel, pawiljoen, klubhuis, kleedkamers,  amfiteater, musiek sentrum, twee administratiewe vleuels, 3 hokkievelde, outomatiese besproeiing op sportvelde en baie ander kleiner projekte.

Back to top